GESANG 144 1. HY TRIOMFEER, DIE SEUN VAN GOD ! DIE LEWENSBOOM BEGIN WEER BOT. KOM, LOOF DIE HEER ! HALLELUJA ! DIE HEER VERRYS IN HEERLIKHEID. ONS LEEF IN HOM IN EWIGHEID. KOM, LOOF DIE HEER ! HALLELUJA ! 2. HY IS OOK SAAM MET ONS OP PAD NA ONS BESTEMMING, NA SY STAD. KOM, LOOF DIE HEER ! HALLELUJA ! HY IS OORWINNAAR; HY ONS HOOP. HY SLUIT ONS GRAF OOK EENMAAL OOP. KOM, LOOF DIE HEER ! HALLELUJA ! 3. WIL ONS VERSTAND OOK OPEN, HEER. LEER ONS U WAARHEID, MEER EN MEER. KOM, LOOF DIE HEER ! HALLELUJA ! U LEEF, EN ONS SAL NIKS ONTBEER AS U WAT HERDER IS, REGEER. KOM, LOOF DIE HEER ! HALLELUJA !